ouderdomsgroepe

Ons Ouderdomsgroepe

Babas (6 weke – 18 maande)

Ons weet dat dit ‘n baie kosbare ouderdom is, en sal bydra tot ontwikkelingsmylpale, gesonde aanhangsels en volwassenes. Babas so jonk as ses weke is welkom by Yabba-Dabba-Do.

Ons bied hande aan sensoriese aktiwiteite om leer te bevorder, sowel as verskeidenheid speelgoed en materiaal om klein en groot motoriese ontwikkeling, taal en sosiale begrip te ontwikkel. Op hierdie ouderdom het babas hul eie unieke skedule en met ons 1:3 dagmoeder/kind verhouding kan die dagmoeders hul babas se behoeftes vinnig en doeltreffend leer.

Kommunikasie, beide formeel en informeel, is die sleutel vir die bou van die verhouding tussen gesinne en dagmoeders. Daaglikse verslae word voorberei deur die dagmoeders, en ouers het die geleentheid om enige tyd deur ons webwerf-kameras inteken om te sien hoe dit met baba gaan.

Kleuters (18 maande – 2 jariges)

Nie meer tevrede met n blik-en-boo en veelvoudige dutte dwarsdeur die dag, ons kleuters beweeg van oggend to aand! Met energie en ‘n onbeperkte nuuskierigheid ontdek hulle die wereld om hulle so vinnig as moontlik, terwyl hulle onwikkelings-vaardighede verfyn.

Ons bied daaglikse geskeduleerde aktiwiteite soos kuns, musiek, fisiese aktiwiteite, dramatiese toneelstukke en storietyd in ons buigsame skedule. Ons dagmoeders is vinnig om die gebruik van taal te bevorder, beweging aan te moedig en ‘n omgewing te skep wat sosiale interaksies aanmoedig. Ons dagmoeders werk met gesinne om ooreenstemming te hou met die beginsels, liefde, veiligheid en geloof wat mamma’s en pappa’s by die huis begin! Yabba-Dabba-Do se verhouding tussen dagmoeder en kleuter is 1 tot 3.

Voorskoolse Kleuters (3 jaar – 4 jariges)

Van hier af sal jou kleuter in hul eie klein individu verander! Met n ouderdoms-speeltuin en energieke dagmoeders gebruik ons 3’s en 4’s hul oënskynlike oneindige energie om deur die dag te beweeg. Ons bied ‘n buigsame skedule wat kuns, groeptyd, binne-sentrums (blokke, legkaarte, boeke, poppe, fantasiespel en storietyd) en buite-sentrums (klimrame, profesionele rolspel, interaktiewe speletjies, en karretjies) en ontelbare geduld, aandag en liefde insluit.

Ons dagmoeders fokus op die ontwikkeling van sosiale vermoëns wat ons 3’s en 4’s nodig het wanneer hulle groei (soos deel, maniere, gesonde gewoontes, christelike beginsels en natuurlike sterk vrienskappe en verhoudings).

Hierdie wonderlike ouderdomsgroep geniet dit om hul nuwe woordeskat en sosiale vaardighede te gebruik om die eerste keer in leer te duik. Hulle neem gretig deel aan groepskunsprojekte, georganiseerde buitenspeletjies en interaktiewe speletjies!

Voorskoolse Kleuters (4 jaar – 5 jariges)

Byna almal groot, ons 4’s en 5’s is gefokus en goed afgerond. Hulle het ‘n goeie begrip van wat hulle wil doen en hoe dit werk! Hierdie ouderdomsgroep dra hul eie idees by en gebruik hul eie Probleemoplossings-vaardighede om die wereld rondom hulle te verken. Ons 4’s en 5’s se oefenkuns, het toegang tot ‘n verkeidenheid ouderdomsgeskikte boeke en taalmateriaal, en gebruik mekaar om nuwe leerkonsepte op te dink… terwyl hulle nogsteeds kastele in die blokke bou, ‘n klein winkel in die dramatiese toneelstuk bestuur en die ander maaitjies help! As jy wil he jou kind moet gelukkig en veilig wees terwyl jy jou ander verantwoordelikhede moet nakom, bied Yabba-Dabba-Do sentrum die perfekte ondersteuning stelsel aan enige tyd van die dag of nag!

Na naskool kinders (ouer ouderdomme)

Veiligheid en aandag stop nie wanneer die klok lui nie! Yabba-Dabba-Do se ondersteunings stelsel bied ouers die gerustelling dat hulle kinders veilig en versorgd sal wees gedurende daardie onmoontlike ure wanneer die skole en na-skole se deure toe is! Ons bied buitelugspele en aktiwiteite, films, kunsprojekte, gesonde etes en lekkerhappies, individuele aandag en nog baie meer. Yabba-Dabba-Do fokus op die holistiese opbou van die hele kind, en bied ‘n onstpanne en lostaande struktuur aan. Ons gee ons groot kinders die kans om na n lang dag by die skool of naskool ‘n asempie te skep. Hierdie kinders is vol nuuskierigheid en vindingrykheid, wat die groot probleme van die lewe aanpak (soos hoe om die perfekte renbaan te bou). Tieners benodig liefde, ondersteuning, aanmoediging, koestering, aanvaarding en aandag. Hier by Yabba-Dabba-Do sien ons om na tieners se behoeftes van liefde, sorg, respek en aandag sodat hulle ten alle tye veilig en beskermd voel.

Ondersteuning word aangebied Maandae tot Saterdae, na na-skool en op publieke vakansiedae  en winter/somer vakansies, dag en/of nag!

Ad-hoc/Uurlikse sorg

Het jy ‘n nie-tradisionele beroep? Probeer jy om daardie een ekstra klas te neem? Smag jy na bietjie ‘eie-tyd’ of kwaliteit tyd saam met jou metgesel soos miskien ‘n ‘date-night’? Het jy ‘n funksie of troue wat jy moet bywoon waar kinders nie saam genooi is nie? Of het jy ‘n sosiale ete by ‘n restaurant maar bekommerd dat dit deesdae nie meer veilig is vir kinders in die publieke badkamers nie??

Wens jy daar was betroubare familie-lede op wie jy kon staatmaak of oupa en ouma wat naby gebly het waar jy gerustellend jou kinders kon aflaai vir ‘n paar ure??

Yabba-Dabba-Do is hier vir jou, ons kan jou ondersteuning stelsel wees! Ons verstaan die harte (en omstandighede) van mammas en pappas en daarom kan ons help met ‘n uur of twee, ‘n volle dag, aand, oornag en naweke… vir baie minder as jou gemiddelde babasitter of nanny!

Wie Is Ons

Yabba Dabba Do 24uur Kindersorg is ouers se betroubare ‘ondersteunings-stelsel’ in die stad! Mammas en Pappas kan ons dienste gebruik op naweke, nagskofte, of enige ander vreemde ure of versoeke, op dae en tye wanneer skole en naskole nie oop is nie!

  • 24uur Oop / 6 Dae 'n Week
  • Ad-hoc/Uurlikse Sorg
  • Perfek Geleë in Kempton Park
  • Vervul met Liefde & Aandag
  • Ervare en Passievolle Dagmoeders
  • Lekker Aktiwiteite en Baie Speelgoed
  • Heerlike Ala-Carte Etes
  • Vriendskap in n Vriendelike Plek
  • Veiligheid en Sekuriteit
  • Klein Groepies
  • Lidmaatskap met Childcare SA Association

 

 

NuusBrief

preloader