Ons Ontsagwekkende Span

Ontmoet ons Dagmoeders


Susan Pelser
Dagmoeder
(‘n regte tradisionele ‘ouma’ vir YBD kinders, en sy bak!)
Ons liewe Susanna het meer as 40 jaar se kinder en lewensondervinding.
Sy is ‘n rots vir ons almal en hou ons op ons voete en op hoogte van alles wat ons moet weet. Sy is so ‘n toegewyde, liefdevolle, wyse en lojale personeellid wat ons hele span ondersteun, sy is lief vir en sorg vir elke kindtjie wat in Yabba Dabba Do instap.
Meer Oor Susan
My ethos
My Gunsteling Dier
“As ek die lotto wen…
Beste Era
Die 80’S, dit was die tyd met die beste musiek en beste modes.
My Gunsteling Aanhaling
“Vertrou altyd jou instinkte!”

La'vonne Guthrie
Dagmoeder student en Assistent
(…vir die YBD maaitjies wat ‘n goeie vriendin nodig het!)
Ons jongste personeel lid. La’vonne het pas haar skool loopbaan voltooi en vat nou ‘n ‘n blaaskans vir ‘n jaar voordat sy verder gaan swat. Sy is vriendelik, entoesiasties en is ‘n bondel van energie! Sy deel ‘n wedersydse liefde en respek vir YBD waardes en sal help om jou kindtjie daagliks aan te moedig en welkom te laat voel. La’vonne help graag met skooltakies, gee musiek lesse vir die wat wil leer sing of klavier speel.
Meer oor La’vonne
My ethos
My Gunsteling Dier
Bultrug Walvis
“As ek die lotto wen…
Beste Era
As ek kon sou ek die era gekies het toe ek nog nie gebore was nie , want ek hoor altyd hoe ouermense praat van hoe wonderlik en vry die 70’s en 80’s was.
My Gunsteling Aanhaling
“Never look down on someone unless you are helping them up”

Sonja Guthrie
Direkteur en Dagmoeder
( YBD se eienaar en eie gekwalifiseerde verpleegster, handy ne?! )
Sonja het Yabba Dabba Do (Pty) Ltd gestig met die missie om ouers se betroubare ondersteuning-stelsel te wees in die stad. ‘n Veilige en gemaklike versorgingsfasiliteit, met ‘n Christelike waardes, waar ouers hul kinders kan aflaai terwyl hulle op ‘n ‘date-night’ is, ‘n afspraak het, by die werk is of ander verantwoordelikhede moet nakom. Ons sorg bedags en saans vir kinders, waardeur die ouers bemagtig word om hul verpligtinge na te kom met die wete dat hul kinders goed versorg, veilig en gelukkig is.
Meer Oor Sonja
My ethos
God inspireer my en ek waardeer Sy genade op ons en glo dat ek met Sy riglyne Sy liefde in die ons dagsorg kan demonstreer en leer. Daar is iets ongeloofliks aan die band wat groei tussen ‘n voog en ‘n baba/kind as dit van die hart af kom.
My Gunsteling Dier
“As ek die lotto wen…
Beste Era
Die 90’S, my goue kinderherinneringe kom almal uit hierdie era uit.
My Gunsteling Aanhaling
‘Be the change that you wish to see in the world’ ~ Mahatma Gandhi
PROFESSIONELE KWALIFIKASIES:
- Nasionale sertifikaat (graad 12)
- Gekwalifiseerde verpleegkundige (SANC) met pediatriese ervaring
- Veiligheid, Gesondheid, Omgewing en Kwaliteitsbestuur (SHEQ MANAGEMENT) met Cum Laude NQF vlak 5
- Internasionale Hoër Onderwys Diploma in Projek- en Programbestuur en -leierskap (AdvDipPM) met Onderskeiding NQF-vlak 7
- Voorskoolse Klaskamer Bestuur Sertifikaat- Kindersorgwerker Kursus
- Speel- en kindersorgontwikkeling Sertifikaat – Kindersorgwerker Kursus
PERSOONLIKE ERVARINGS:
- Ek het gedurende my hoërskooljare en vroeë twintigerjare as kinderoppasser gewerk om my studies te finansier.
- Verpleegkunde geswat en as kinderverpleegkundige gewerk in kindersorg vir gesondheidsorg aan kinders van 0-12 jaar. Ek het uitgebreide ervaring opgedoen in die beoordeling van die verpleeg- / versorgingsbehoeftes van kinders, met inagneming van hul mediese, sosiale, kulturele en gesinsomstandighede. Om op gepaste wyse met kinders en hul ouers of versorgers te kon kommunikeer, was noodsaaklik vir die werk. Ek is opgelei in noodhulp en KPR.
- Die afgelope 18 jaar het ek my 2 kinders suksesvol grootgemaak en het nou ‘n laat-lammetjie van 4 jaar oud.
- SHEQ-bestuur geswat en het vyf jaar by ‘n Risikobestuur en Brandbeskermingsonderneming gewerk en ondervinding opgedoen in veiligheid, gesondheid, omgewing en kwaliteitsbestuur. Ondervinding in die versagting van die risiko van brand, ongelukke en of ander gevare.
- Internasionale Projek- en Programbestuur en leierskap geswat met gevorderde operasionele, strukturele en gedragskennis en insig om strategiese leierskap en prestasieoptimalisering in ‘n organisasie te bevorder.
VERWANTE VAARDIGHEDE;
- ‘n sorgsame en geduldige gesindheid
- uitstekende kommunikasievaardighede, insluitend geskrewe, mondeling en luistervermoë
- die vermoë om as deel van ‘n span te werk
- die vermoë om op my voete te dink en kalm te bly in stresvolle situasies
- leierskapsvaardighede
- aanpasbaarheid
- verbeelding en kreatiwiteit
- probleemoplossingsvermoë
- goeie organisasie- en tydbestuursvaardighede
- entoesiasme
- ‘n nie-oordeelkundige benadering en respek vir individualiteit
- ‘n professionele houding teenoor werk en speel
- ‘n sterk agting vir gesondheid en veiligheid
- ‘n hart wat kinders lief het en wil help
NIKS MINDER AS NET DIE BESTE GEKWALIFISEERDE EN ERVARE VERSORGERS/DAGMOEDERS VIR JOU KINDTJIE NIE.
Ons kies net beste dames vir Yabba Dabba Do wat presies in pas by ons en ons gemeenskap se ethos en waardes. Al ons personeellede het oneindige geduld en gesag, party met jare se kinder ondervinding en ander wat hul loopbaan nou eers intree met innige passie vir kinders. Al ons personeel is gesertifiseer in noodhulp. Met klein groepies is dit ons beleid om die verhouding tussen personeel en kinders in die kind se guns te hou. Dit verseker dat elke kind baat by die individuele aandag van die versorger. Yabba Dabba Do is ‘n trotse lidmaat van Childcare SA Association en voldoen aan die vereistes en standaarde van die kinderwet.
Wie Is Ons
- 24uur Oop / 6 Dae 'n Week
- Ad-hoc/Uurlikse Sorg
- Perfek Geleë in Kempton Park
- Vervul met Liefde & Aandag
- Ervare en Passievolle Dagmoeders
- Lekker Aktiwiteite en Baie Speelgoed
- Heerlike Ala-Carte Etes
- Vriendskap in n Vriendelike Plek
- Veiligheid en Sekuriteit
- Klein Groepies
- Lidmaatskap met Childcare SA Association