algemene Vrae

Algemene Vrae

Hoe veilig is Yabba Dabba Do kindersorg se fasiliteit?
  • Die veiligheid en geluk van jou kind is ons #1 prioriteit. Ons behoort aan ‘n premium sekuriteitsfirma – insluitend werklike werf-kameras, ‘n paniek-knoppie en opgeleide waghonde wat die hek en eiendom bewaar saans en tydens stil tye. Al ons dagmoeders wat deel is van ons span het polisie-goedkeuring. Ons het geen eksterne werknemers wat in kontak kom met ons kinders nie. Huidiglik is dit net die dagmoeders op ons webverf wat toesig hou oor jou kindtjie. Dit hou die dienste eksklusief met meer beheer oor hoe ons kindertjies (AKA gaste) versorg word. Hier by Yabba Dabba Do is ons teen enige en alle mishandeling in enige vorm! Dis Yabba Dabba Do se missie om kinders te beskerm teen sulke hart-verskeurende belewenisse!
  •  

  • Ons laat ook glad nie toe dat enige iemand anders jou kindtjie kom optel sonder ‘n persoonlike getekende magtigingsbrief van jou as ouer af nie. As jy om een ​​of ander rede nie jou kleintjie kan gaan haal nie, moet jy vooraf dit inteken dat jy iemand wat jy vertrou magtig om jou kind op te tel. Jy moet skriftelike magtiging gee, en die draer van die magtiging moet ons ‘n bewys van ID gee.
Hoe beheer julle kieme en netheid?
  • By Yabba Dabba Do Kindersorg neem ons higiëne baie ernstig op. Byvoorbeeld, ons sorg dat kinders nie bottels, eetgerei of persoonlike items deel nie, en dat al ons kinders en dagmoeders hul hande gereeld was en ontsmet. Ons volg ‘n deeglike keuringsproses wanneer ons ons dagmoeders in diens neem, wat ons higiënestandaarde streng moet volg. Al die speelgoed, meubels en gereedskap word daagliks skoon gemaak en ontsmet.
Praat Yabba Dabba Do my kind se huistaal?
  • Yabba Dabba Do is ‘n Afrikaanse kindersorg fasiliteit. Ons is trots op ons moedertaal en streef daarna om ons taal lewendig te hou.
Moet ek kos vir my kind stuur?
  • Jy moet die formule van jou baba en enige ekstra items (bv. Gesuiwerde groente of vrugte) voorsien. Asook, indien jou kind allergiee het of op ‘n spesiale dieet is, moet jy hul maaltye voorsien indien nodig.
  • Gesonde, voedsame etes is belangrik vir ons kinders. Maaltye is ‘n geleentheid vir al die kinders en dagmoeders om mekaar se geselskap te geniet. Yabba Dabba Do bied ala carte-spyskaartitems vir ‘n maaltyd vanaf n spyskaart (menu) waarvan af jy kan bestel. Ons bied lekker en gesonde opsies vir ontbyt, middagete, aandete en versnaperinge aan elke kind in ons sorg. Jy kan ook kos van buite saambring vir jou kind as jy wil of indien jou kindtjie enige voedselallergieës het.
Wanneer sal Yabba Dabba Do gedurende die jaar gesluit wees?
  • YABBA DABBA DO IS GESLUIT OP SONDAE EN CHRISTELIKE PUBLIEKE DAE.
My baba drink slegs borsmelk. Kan ek borsmelk stuur?
  • Ons ondersteun borsvoeding ten volle. Jy is welkom om borsmelk saam te stuur; ons moedig dit vir die eerste paar maande aan. Jy kan ook die fasiliteit besoek om jou baba gedurende die diens te borsvoed.
Wat is julle benadering tot dissipline?
  • Yabba Dabba Do kindersorg gebruik alleenlik positiewe dissipline, ons gebruik tegnieke soos positiewe versterking, modellering, herleiding, die uitdrukking van emosies in woorde en afleiding. Ons leer en wys eerder as om te straf. Dit help jou kind om uiteindelik te leer om verantwoordelikheid te neem vir hul gedrag asook om hulself en hul medemens se mense-regte te respekteer. Ons benadering is om positiewe kindergedrag te bevorder en negatiewe en riskante gedrag te voorkom. Yabba Dabba Do (Pty) Ltd Kindersorg duld hoegenaamd GEEN vorm van mishandeling nie.
Moet my kind potty opgelei word?
  • Potty-opleiding is deel van die uitstekende diens wat ons aanbied, maar dit moet ‘n gesamentlike poging tussen die ouers en die dagmoeders wees. Ons ervare dagmoeders en assistente sal jou hiermee help. Ons potty ‘train’ wanneer jou kind emosioneel en fisiologies gereed is vir hierdie stap (gewoonlik êrens tussen 2-3 jaar oud).
Is alle werknemers opgelei in KPR en noodhulp?
  • Ja, al ons dagmoeders wat direk by die kinders betrokke is, word in KPR opgelei. Yabba Dabba Do se eienaar (die hoof dagmoeder) is ‘n gekwalifiseerde verpleegster met pediatriese ervaring, en het ervaring met ‘n Cum Laude Diploma in Veiligheid, Gesondheid, Omgewing en Kwaliteitsbestuur.
Hoe sal ek verseker wees dat my kind nie mishandel word nie?
  • Jy kan te enige tyd op ons werf-kamera aanmeld. Ons hou ook gereelde kommunikasie met jou deur jou kind se dag-report, waar ons aantekeninge skryf oor wat elke uur gebeur het, insluitend die slaaptyd, toiletroetines en maaltye of waarnemings.
  • Yabba Dabba Do (Pty) Ltd Kindersorg duld hoegenaamd GEEN vorm van mishandeling nie.
Wie kry toegang tot werf-kamera's?
  • Vir jou gemoedsrus, het jy toegang tot 3 kameras met ‘n direkte uitsig, sodat jy enige tyd kan gaan kyk hoe dit met jou kind gaan. Sodra jy jou kind inteken, sal ons jou om veiligheidsredes ‘n spesiale wagwoord en gebruikersnaam gee. Dit beteken dat jy selfs vanaf die kantoor of enige plek en enige tyd terwyl jou kind by Yabba Dabba Do is self kan kyk of hy/sy gelukkig en veilig is.
  • Nadat jy suksesvol ingeteken is, word jy outomaties na die werf-kamera waar jou kind speel, verwys. Daar is ‘n time-out funksie vir ekstra veiligheid.

Wie Is Ons

Yabba Dabba Do 24uur Kindersorg is ouers se betroubare ‘ondersteunings-stelsel’ in die stad! Mammas en Pappas kan ons dienste gebruik op naweke, nagskofte, of enige ander vreemde ure of versoeke, op dae en tye wanneer skole en naskole nie oop is nie!

  • 24uur Oop / 6 Dae 'n Week
  • Ad-hoc/Uurlikse Sorg
  • Perfek Geleë in Kempton Park
  • Vervul met Liefde & Aandag
  • Ervare en Passievolle Dagmoeders
  • Lekker Aktiwiteite en Baie Speelgoed
  • Heerlike Ala-Carte Etes
  • Vriendskap in n Vriendelike Plek
  • Veiligheid en Sekuriteit
  • Klein Groepies
  • Lidmaatskap met Childcare SA Association

 

 

NuusBrief

preloader